Werkskepping ‘is nie die staat se rol’

Die bekende ekonoom Dawie Roodt sê dis nie die ANC-regering se rol om werk te skep nie – sy rol is om ʼn omgewing te skep waar die privaat sektor behoorlik kan funksioneer. Suid-Afrika se jeug bly kwesbaar terwyl die werkloosheidsyfer in die vierde kwartaal van verlede jaar met 87 000 tot 4,7 miljoen toegeneem het. Werkskepping is die algemene tema in verkiesingsmanifeste. Roodt sê ware werkskepping kan slegs plaasvind wanneer die privaat sektor in ʼn posisie is om aktief meer mense aan te stel terwyl die ekonomie groei.