Parys 2024 se fakkel-aflos begin in Olympia

Olimpiese Spele: Die fakkel-aflos vir die Olimpiese Spele in Parys 2024 het vandag in Olympia afgeskop, die geboorteplek van die antieke Spele. Die vlam is aangesteek en geïnspireer deur ‘n antieke ritueel en gekenmerk deur boodskappe van hoop te midde van talle wêreldwye krisisse. Die Griekse aktrise, Mary Mina, het die fakkel aangesteek vir die eerste draer, die 2020 Olimpiese roeikampioen, Stefanos Ntouskos. Die uitgetrede swemmer en ‘n goue medaljewenner by die 2004 Olimpiese Spele in Athene, Laure Manaudou, het gevolg as Frankryk se eerste fakkeldraer in Olympia.