Werkgewers kan nie personeel dwing om in te ent

Die regering van Namibië het entstowwe op ‘n vrywillige basis aan alle Namibiërs beskikbaar gestel, maar dit is elke Namibiër se keuse om ingeënt te word of nie. As ‘n poging om almal te laat inent, het sommige werkgewers hul werknemers gedwing om ingeënt te word of te bedank. Sommige het so ver gegaan om voordele vir werknemers wat nie wil inent nie, te verminder. Arbeidskenner Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê dat dit ongrondwetlik is om mense te dwing om ingeënt te word.

Jauch waarsku ook werkgewers oor die gevolge as werknemers hierdie ongrondwetlike praktyke aan die arbeidskommissie rapporteer.