Napha se kantore vir 10 dae toe

Die kantore van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, of te wel Napha, is van vandag af vir die volgende tien dae gesluit nadat ‘n kantoorwerker positief vir die Covid-virus getoets het. Jagpermitaansoeke sal Maandae tot Donderdae hanteer word. Die publiek word versoek om nie Napha se kantoor te besoek nie. Nicole Schwandt van Napha het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.