Napha sê talle internasionale jagters in Namibië

Die kantore van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, of te wel Napha, is van vandag af vir die volgende tien dae gesluit nadat ‘n kantoorwerker positief vir die Covid-virus getoets het. Volgens Nicole Schwandt van Napha het Namibië tans talle internasionale jagters in die land. Sy het jagters verseker dat jagpermitte-aansoeke soos normaalweg voortgaan en nie beïnvloed word omdat personeel van die huis af werk nie.