Wêreldrugby ondersoek Mbonambi

Rugby: Wêreldrugby het ‘n formele hersiening bevestig van die Springbok-haker Bongi Mbonambi se beweerde rassistiese uitlating teenoor die Engelse flank, Tom Curry, tydens Saterdag se Wêreldbeker-halfeindstryd in Parys. Die beheerliggaam sê hy neem die bewering uiters ernstig op. Curry het die beweerde voorval tydens die wedstryd by die skeidsregter, Ben O’Keeffe, aangemeld, terwyl Mbonambi geweier het om Curry se hand te skud ná Suid-Afrika se oorwinning van 16-15. Indien daar bewys word die bewering is waar, kan Mbonambi geskors word, wat sal beteken Suid-Afrika se enigste erkende haker gaan die eindstryd teen die All Blacks misloop.