Wêreld se grootste waterlelie ontdek – ná 177 jaar in Londen-tuin

Die Kew-tuin in Londen wat deel is van die Koninklike Botaniese Tuin, het ‘n nuwe spesie lelie in sy tuin ontdek. Die reuse-lelie is reeds wel al vir 177 jaar in dié tuin. Die massiewe plant, wat in die tuin se argiewe aangeteken was tussen ‘n al groeiende groep akwatiese plante, is oorspronklik verkeerdelik as ‘n ander spesie geïdentifiseer. Dit hou die rekord vir die wêreld se grootste lelie en kan in deursnee tot drie meter groot word. Die blare kan tot 79 kilogram weeg.