Namibiese departement van binnelandse sake en immgrasie oorbestee hul begroting

Namibiese ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, het die departement van binnelandse sake en immigrasie in die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit van oorbesteding beskuldig in die boekjaar geëindig 31 Maart 2021. In die ouditverslag sê Kandjeke dat die hoof-afdeling van die departement sy toegewese begroting met meer as 6,3 miljoen Namibiese dollar oorskry het, terwyl die onder-afdelings in totaal meer 8,2 miljoen dollar oorbestee het. Kandjeke sê nog ‘n ontdekking is by dieselfde departement gemaak, omdat dit meer geld geëis is vir verblyf- en reistoelae, wat met byna 3,5 miljoen dollar oorskry is.