Betogers gooi Kanada se eerste minister met gruisklippe

Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, is getref toe betogers gruisklippe na sy geselskap geslinger het tydens ‘n veldtog in Londen, Ontario. Hy is nie beseer nie en vergelyk dit met ‘n voorval in 2016 toe ‘n vrou hom met pampoenpitte bestook het. Trudeau voer sy veldtog in aanloop tot volgende maand se verkiesing waar hy hoop om ‘n meerderheidsregering vir sy Arbeidersparty te beklink. Verpligte Covid-19-inentings is een van die belangrikste kwessies nadat daar aangekondig is alle staatsdiensamptenare moet teen einde Oktober ingeënt wees of gevaar loop om hulle werk te verloor.