Thieme sê oor Hardapdam, lusern en melkplaas

Daar is groot kommer oor die stand van sake by die Hardapdam. Die dam is op 11,5 persent met 657 000 kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Mielies en lusern is belangrike gewasse vir die produsente en die !Aimab-melkplaas maak staat op die lusern vir hulle kudde. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter en uitvoerende hoof van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme gesels oor die uitdagings wat melkproduksie daar ervaar.

Thieme het ook die jongste oor die brand by Hartlief op 7 April deurgegee. Dit is nie duidelik wanneer die Bistro weer sal oopmaak nie alhoewel produksie op dreef is. Hy sê die ondersoek na die oorsaak duur voort.