Venus kry haar eie Barbie

Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Williams, en die Australiese sokkerspeler Mary Fowler is onder nege atlete wat ‘n Barbie-pop in hul gelykenis kry. Mattel het vandag die poppe onthul, elk met hul pasgemaakte bykomstighede. Williams se pop is geklee in ‘n heeltemal wit tennisrok en hoedjie sowel as oorbelle, en ‘n miniatuur raket. Die voormalige wêreld nommer een sê sy hoop om jong meisies met die pop tot sport te motiveer.