Weer hoop vir Namibiese toerismesektor

Die Namibiese toerisme- en gasvryheidsbedryf het vandag goeie nuus gekry. Duitsland het aangekondig dat Namibië nie meer ‘n hoërisikoland is nie, reisinperkings tussen streke is gelig en gaste kan weer by restaurante kuier. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die einde van Julie het goed geëindig, veral met Europese toeriste wat weer na Namibië kan reis. Sy sê Augustus word met hoop en entoesiasme in die toerismebedryf begin.