Verbruikersinsig-opname: SA middelklas is veerkragtig

Die bekendstelling van BrandMapp se jongste verbruikersinsig-opname gee ‘n blik op middel- en hoëinkomste-groepe in Suid-Afrika se hantering van die Covid-beperkings op hulle inkomste. Die maatskappy het 30 000 Suid-Afrikaners in huishoudings met ‘n maandelikse inkomste van minstens 10 000 rand betrek. Brandmapp se direkteur van storievertelling, Brandon de Kock, sê alles is nie negatief nie. Die land se middelklas is verbasend veerkragtig.