‘We are not defying the law, we are obeying God’

President Cyril Ramaphosa het in sy lofrede by aartsbiskop Desmond Tutu se begrafnis roerend gepraat oor die aspekte van die Arch homself. Hy het melding gemaak van foto’s van Tutu by ‘n protesoptog in 1989 en hoe hy in die voorste ry uitdagend na die polisie, wat die optog wou stop, kyk… en toe die foto van hoe hy gehuil het na getuienis wat by die Waarheid- en Versoeningskommissie gelewer is. Ramaphosa sê nie net het huldeblyke van wêreldleiers gekom nie maar ook van aktiviste en alledaagse mense wat volgens Ramaphosa presies uitbeeld wie Tutu was, en hoe hy gelewe het. Volgens Ramaphosa het hy, in sy anti-apartheid veldtog gesê ‘we are not defying the law, we are obeying God’.