4 000 vlug in hernude geweld in Mosambiek

Nieteenstaande die feit dat sedert Julie verlede jaar is meer as 3 000 soldate van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se lidlande in Mosambiek ontplooi, het daar weer aanvalle naby Cabo Delgado voorgekom. Volgens die jongste berigte het meer as 4 000 mense die Niassa-provinsie, wat naburig is aan Cabo Delgado, gevlug na jihadiste weer onlangs verskeie aanvalle uitgevoer het. Groepe wat verwant is aan die Islamitiese Staat is sedert 2017 aktief in die gasryke gebied en meer as 820 000 inwoners het reeds gevlug. Berigte lui dat Niassa die jongste teiken van die groep is omdat SAOG-troepe aktief is in Cabo Delgado.