Geslote Angolese grens ‘n klug

Die geslote grens wat Angolese owerhede reeds ‘n geruime tyd terug gesluit het word as ‘n klug deur veral inwoners van die Noorde beskryf. Owerhede in die buurland het die grense gesluit in ‘n poging om die Covid-pandemie onder beheer te bring en sal, volgens die jongste berigte, die grens weer op 5 Januarie heropen. Maar, daar is dele van die grens waar kilometer-lange stukke geen heining het nie en boere beweeg nie net met hulle diere heen en weer nie, maar goedere uit Angola word ook daagliks ingesmokkel. Plaaslike doeane het onlangs gesê dat talle boetes in die verband uitgeskryf is omdat patrollies uitgevoer word. Intussen neem die hoeveelheid vlugtelinge vanuit die buurland ook plaaslik toe met tot 16 000 wat in die Osire-vlugtelingskamp woon en amper 3 000 wat steeds in Omusati uitkamp. Die goewerneur Erginus Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die getalle neem daagliks toe wat druk op die streek se bronne plaas.