Waterbesparings kom nie uit die blokke nie

Die inwoners van Windhoek het in die afgelope week weer die waterbesparing teiken oorskry, hierdie keer met 18 persent. Nes alle ander dorpe in die land staar die stad waterbeperkings in die gesig weens die lae vlakke van die damme, maar hoor is min. Die stad is tans op kategorie C waterskaarste, maar as die waterkwessie vererger, sal die kategorie verhoog word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, die Stad se woordvoerder, wat verduidelik wat dan sal gebeur.