Water uit Neckartal-dam vrygelaat

Die weeklikse dam bulletin deur Namwater het aangedui dat meer as 4,3 miljoen kubieke meter water verlede week uit die Neckartal-dam vrygelaat is. Die dam is tans 83 persent vol. Keetmanshoop landelike kiesafdeling raadslid Willem Labuschagne sê daar is waarskynlik ‘n versoek deur boere stroom-af van die dam en Namibia Wildlife Resorts gerig vir water in die Visrivier. Toeriste wat die Visrivier-canyon stap, sal ook baat vind by die water. Labuschagne het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.