Namibië het so baie wild presies omdat hy jag toelaat

Grootwildjag is ‘n sleutel komponent van Afrika se toerisme-ekonomie, volgens Charlie Mayhew, die stigter en president van Prins William se natuurlewe-liefdadigheidsorganisasie, Tusk. Die gerespekteerde natuurbewaarder meen Brittanje en ander lande moenie aan Afrika-nasies voorskryf oor hoe om hulle wildsake te bestuur nie. Hy het sy mening gelug terwyl ‘n wetsontwerp wat die invoer van verskeie trofees sal verbied, in die House of Lords bespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Kamer van die Omgewing, Dr. Chris Brown, wat saamstem met die stelling. Brown sê die rede waarom Namibië baie wild het, is omdat Namibië trofeejag toelaat.

Brown voeg by dat ‘n goed bestuurde wildekonomie-sektor baie belangrik is vir bewaring.