Staatskaping: ANC het kultuur van straffeloosheid

Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is nou belangriker as ooit dat diegene wat in die staatkapingsverslag betrek word, dringend ondersoek en vervolg moet word. Die finale verslag is aan President Ramaphosa oorhandig en betrek talle individue, insluitend oudpresident Jacob Zuma, die gewese spioenbaas Arthur Fraser en die geskorste ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule. Steenhuisen sê die ANC het ‘n kultuur van straffeloosheid gekweek en verskans en dit moet afgeskaf word:

Intussen sê die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, die era van staatskaping en korrupsie is nie beëindig met die bekendmaking van die finale verslag nie. Hy sê die verslag is net die eerste stap: