DA wil weet oor DNS-agterstand by polisie-laboratorium

Die DA in Gauteng sal vandag ‘n toesighoudende inspeksie by die Polisie se Forensiese Wetenskaplaboratorium in Pretoria doen. Die party se Crezane Bosch sê die doel van die toesig is om te bepaal waarom die polisie ‘n vertraging het om die DNS-agterstand in die provinsie uit te wis. Bosch sê die DNS-agterstand het daartoe gelei dat verkragters toegelaat word om vry te loop terwyl die lewens van kwesbare slagoffers aan skerwe gelaat word: