Wallabies-rugbyspeler wil Namibiese rugby bevorder

Die Wallabies-rugbyspeler Richard Hardwick, sê hy is gereed om Namibië by die Wêreldbeker in Frankryk te verteenwoordig. Die 28-jarige Hardwick is in Namibië gebore en het in westelike Australië grootgeword. Hardwick speel flank vir die Melbourne Rebels. Hy meen hy kan Namibiese rugby ‘n hupstoot gee om die land te verteenwoordig, maar ook te help met ontwikkeling met die ervaring wat hy in Australië opgedoen het. Hardwick se pa Michael het Namibië verteenwoordig in krieket, gholf en muurbal.