Vrystaat-boere skiet op mekaar

’n Boer van Ficksburg in die Vrystaat is onder polisie-bewaking in ’n plaaslike hospitaal ná ’n dodelike dispuut oor beeste wat sy heining beskadig en na sy grond oorgesteek het. Hy het na bewering met ‘n naburige boer baklei en dié se seun vyf keer geskiet. Die seun het teruggeskiet en die verdagte in die heup gewond voordat hy aan sy beserings beswyk het. Die polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê aanklagte van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek.