VSA se minister van buitelandse sake toer in Suidoos-Asië

Amerika se minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het sy toer in Suidoos-Asië in die Indonesiese hoofstad, Jakarta begin. Hier sal hy Washington se beleid oor die Indo-Pasifiese gebied verduidelik. Na verwagting sal hy beklemtoon hoe belangrik die streek vir Amerika se buitelandse beleid is. Die Amerikaanse President, Joe Biden, se strategie verskil nie drasties van oudpresident Donald Trump s’n nie. Biden se span lê wel meer klem daarop om bondgenote te kry om Beijing saam met hulle teen te staan, veral na die onstuimige en onvoorspelbare Trump-tydperk.