VSA maak grense oop

Duisende mense gaan na verwagting van vandag in en uit Amerika vlieg nadat die land se grense vir besoekers heropen is na ‘n reisverbod van langer as 600 dae. Ingeënte besoekers is weer welkom in die Verenigde State terwyl Amerikaners weer vlugte kan onderneem om met familie en vriende in die buiteland te herenig. Daar wiord berig British Airways en Virgin Atlantic beplan ‘n gesinchroniseerde vertrek vanaf die Heathrow-lughawe in Londen vanoggend waar hulle vanaf parallelle aanloopbane sal opstyg onderweg na John F. Kennedy in New York.