Vrystaatse boere opgelei teen misdaad

Vrystaat Landbou sê die land se boerderygemeenskappe kry swaar omdat misdadigers boere, werkers en eienaars van kleinhoewes teiken. Mense word aangeval en selfs vermoor waar dié gemeenskappe nie paraat is nie. Die organisasie het met ‘n veldtog begin om 5 000 gesinne op plase op te lei om hulself te beveilig. ’n Woordvoerder sê die doel met hul Landelike Beveiligingsplan is om plaasaanvalle te voorkom deur die aanwending en verbetering van kommunikasie-infrastruktuur, inligting, bewusmaking, veiligheidsopleiding en tegnologiese hulpmiddels in boerderygemeenskappe. Aansoeke vir opleiding kan op hul webwerf gedoen word.