Vrou, medebeskuldigde môre in hof oor aborsie

‘n Vrou word daarvan beskuldig dat sy ‘n aborsie met behulp van ‘n medebeskuldigde uitgevoer het toe sy vier of vyf maande swanger was. Die voorval het op Oshakati plaasgevind en die 38-jarige vrou het ná die aborsie glo haar babadogter in ‘n vlak graf agter haar huis begrawe. Volgens die Namibiese polisie het ‘n ooggetuie gesien hoe ‘n hond agter die huis gegrawe het en die polisie ingelig. Die baba se liggaam is deur beamptes van die lykshuis verwyder en ‘n nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die baba se dood bepaal. Die twee verdagtes verskyn môre in die Oshakati-landdroshof.