Elon Musk koop 73,5 miljoen aandele in Twitter

Twitter se aandele het met meer as 25 persent gestyg voor Wall Street vandag geopen het. Dit volg in reaksie op nuus dat Tesla se baas, Elon Musk, ‘n groot aandeel in die sosialemedia-onderneming verkry het. Volgens ‘n dokument wat by die Amerikaanse beurs-waghond ingedien is, het Musk byna 73,5 miljoen Twitter-aandele bekom. Hy besit nou ‘n belang van 9,2 persent in die onderneming.