Vrede-suiwelgemors: almal moet boet

Die DA in die Vrystaat sê dié party sal nie rus voordat die politieke argitekte van die Gupta-verwante Vrede-suiwelprojek aan die pen ry nie. Daar is niks te wys vir die projek nie maar meer as 330 miljoen Suid-Afrikaanse rand is aan ‘n Gupta-verwante maatskappy, Estina, uitbetaal. Verskeie amptenare en sakelui, onder wie die voormalige adjunk-direkteur-generaal van Handel en Nywerheid, Iqbal Sharma, het reeds in die hof verskyn. Roy Jankielsohn van die DA sê geregtigheid moet seëvier vir diegene wat na regte by die projek moes baatvind: