Sirië moet ‘n politieke oplossing vind en leierskap kry

Die Verenigde Nasies se spesiale gesant na Sirië, Geir Pedersen, sê ná ‘n dekade van afskuwelike lyding en verliese in die land en te midde van redelikekalmte, is dit nou nodig om druk uit te oefen vir ‘n politieke proses wat gevegte sal beëindig. Meer as 350 000 mense is in die Siriese oorlog dood. Pedersen sê die mense van Sirië het dringend hul eie Siriese politieke proses en leiers nodig: