Vraag na elektriese voertuie groei plaaslik

Electric Vehicles Namibia sê daar is al hoe meer belangstelling vir die voertuie in die land, veral nou weer met die jongste verhoging in die dieselprys. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk van die maatskappy gesels oor die jongste, en ook oor die uitbreiding van laaistasies in die hoofstad, en land.