Landbousektor onderpresteer tot dusver

Die Namibiese landbousektor het met drie persent in die eerste kwartaal en 1,6 persent in die tweede kwartaal van die jaar gegroei. Die syfers is ver agter die algehele BBP-groeikoerse van 6,5 in die eerste kwartaal en 5,6 persent in die tweede kwartaal. Volgens Simonis Storm is die verlangsaming in die sektor te wyte aan alle subsektore wat laer groeikoerse in tweede kwartaal. Die waarde van visuitvoere het in Augustus 2022 met 10,9 op ‘n jaargrondslag gedaal en met 8,8 persent op ‘n maandgrondslag toegeneem, teenoor ‘n inkrimping van 27,9 persent in Julie gemeet. Die La Nina-verskynsel sal na verwagting bogemiddelde reënval in die somerseisoen in Suider-Afrika meebring en daar word gehoop dat alle verbouingsgebiede genoeg reën op die regte tyd sal kry. Simonis Storm sê sporadiese reën wat gelei het tot laat, onvoldoende of oormatige reën in verskeie dele van die Noorde het ‘n negatiewe impak op gewasproduksie gehad.