Voormalige Portugese bankier aangekeerDecember 12, 2021

Interpol het ‘n voormalige Portugese bankier in Umhlanga Rocks, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem wat in ‘n multi-miljoen-dollar-bedrogsaak skuldig bevind is. ‘n Polisiewoordvoerder, Vish Naidoo, sê Joao Manuel de Oliveira Rendeiro het na bewering uit Portugal gevlug na hy tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis is. Hy verskyn môre in die Durbanse Landdroshof as deel van sy uitleweringsooreenkoms.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *