Voormalige ondersoeker van Skerpioene ses jaar tronk toe gestuur

‘n Voormalige ondersoeker van die Skerpioene wat probeer het om ‘n ABSA-bank in die Menlyn Maine-winkelsentrum in Pretoria te beroof, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Ekhardt Mostert het erken hy het onregmatig en met opset probeer om die bank te beroof deur die kassier te dreig en te sê hy het ‘n bom. Mostert het aanvanklik tereggestaan op aanklagte van poging tot roof met verswarende omstandighede, terrorisme en die oortreding van die Wet op Beskerming van die Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede. Die terreur-aanklagte is later teruggetrek.