Man in Toronto naby laerskool doodgeskiet

‘n Jong man wat met ‘n vuurwapen in ‘n woonbuurt in Toronto, Kanada, gestap het is Donderdagmiddag sowat 130 meter van ‘n laerskool deur die polisie doodgeskiet. Vyf nabygeleë skole is na die voorval as voorsorgmaatreël ingeperk, sê amptenare. Polisielede het inligting opgevolg oor ‘n gewapende man in die omgewing en het op hom geskiet nadat die man hulle gekonfronteer het, het James Ramer, Toronto se polisiehoof, op ‘n mediakonferensie gesê. Dit kom enkele dae na die massa-skietvoorval in Texas.