Rhino Momma Project se 125ste renosterkalf gebore

Die Rhino Momma-projek spog met die geboorte van nóg ‘n renosterbulkalfie. Die geboorte van die renosterkalfie vier die 125ste renostertjie wat by die projek sedert Januarie 2013 gebore is. Dit beteken die projek help om die witrenoster van uitwissing te red. Die eienaar van die projek, Jaco Muller, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.