Voorlopige weermag-ondersoek na brand by Waterkloof-lugmgbasis afgehandel

‘n Voorlopige weermag-ondersoek is afgehandel na die brand wat Sondag by die Waterkloof-lugmagbasis in Tshwane uitgebreek het. Dit sal nou aan die hoof van die nasionale weermag oorhandig word waarna dit aan die media beskikbaar gestel sal word. ‘n Weermag-woordvoerder, Andries Mokoena, sê ‘n raad van ondersoek is reeds aangestel.