Afgesette President van Burkina Faso in huisarres

Die afgesette President van Burkina Faso, Roch Marc Christian Kabore, is “gesond” en die weermag hou hom in ‘n villa aan. Volgens internasionale nuusagentskappe was Kabore se welstand en waar hy was, ‘n sleutelvraag toe rebelle-soldate sy regering Maandag omver gewerp het. ‘n Bron in sy People’s Movement for Progress sê hy is steeds in huisarres ten spyte van die VN se versoek om hom vry te laat. Kabore is in 2015 verkies ná ‘n opstand wat die magtige Blaise Compaoré, wat in 1987 na ‘n staatsgreep aan bewind gekom het, uit die kussings gelig het.