Jongste oor omstrede olifantveiling

Volgens die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, gaan die omstrede olifantveiling steeds aan. Die ministerie het in August 2021 aangekondig dat 57 lewende olifante teen sowat 5,9 miljoen Namibiese dollar verkoop is uit die 170 olifante wat aangebied is. Op sosiale media het die olifantveiling in ‘n herrie uitgebars met beweringe dat die land se olifantbevolking bedreig word weens die veiling. Die diere word verkoop as gevolg van toenemende konflik met boere. Muyunda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.