VSA: Republikeine loop voor, maar, dis nog vroeg sê sommiges

Meningspeilings in die eerste belangrike state wat Michigan, Pennsilvanië en Texas insluit, het gesluit nadat miljoene Amerikaners in die tussenverkiesing gestem het. Al 435 setels in die Huis van Verteenwoordigers en 35 setels in die Senaat word betwis. Op die oomblik het die Republikeine 135 setels in die Huis op die party verenig met 85 vir die Demokrate. ‘n Totaal van 218 is nodig vir ‘n meerderheid. In die Senaat staan beide partye op 40 met 51 wat nodig is vir ‘n meerderheid. Intussen is die immergewilde Ron de Santis weer as goewerneur van Florida verkies. Hy het 4,2 miljoen stemme op hom verenig teenoor 2,9 miljoen wat die Demokraat Charlie Crist ontvang het. De Santis sê Florida is die tuiste van vryheid.