Volksmoord-onderhandelings nog nie afgehandel nie – Saara

Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê dit is nie korrek dat die regering sy onderhandelings met Duitse owerhede in verband met reparasies vir die volksmoord, afgehandel het nie. Sy het die aankondiging gemaak tydens haar besoek aan tradisionele leiers in die Karas-streek by Keetmanshoop.

Haar aanmerkings kom kort op die hakke van ‘n dreigende hofsaak, aangedryf deur die LPM, oor nuwe onderhandelings met Duitsland wat gemeenskappe insluit, wat geëis word.