Suid-Afrikaner in Australiƫ aangekla vir moord van sy baba

‘n Suid-Afrikaanse burger en sy Duitse vrou word daarvan aangekla dat hulle hul sewe maande oue seun in AustraliĆ« vermoor het. Die ouers, Pretoria-inboorling Reinhardt Bosch en sy vrou, Noemi Kondacs het na bewering eers ‘n dag nadat die baba dood is, paramedici gebel. Hy is Woensdag dood verklaar en die twee, 33 en 22 jaar oud, het Vrydag in die Brisbane-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en marteling. Bosch het blykbaar as ‘n jeugversorger gewerk.