Volgehoue afname in Covid-19-gevalle in Suid-Afrika

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afriks sê daar is in al die buurland se provinsies nou ‘n volgehoue afname in die daaglikse gevalle van Covid-19. Die instituut het gister twee-duisend-261 nuwe gevalle aangeteken. Nog 312 Covid-19 verwante sterftes is aangemeld. Die totale getal sterftes is nou net minder as 87-duisend. Die meeste nuwe gevalle is van KwaZulu-Natal met 21-persent, gevolg deur die Wes-Kaap met 20-persent. Die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap en Gauteng het almal minder as 13-persent van die nuwe gevalle. Noordwes se getalle staan op tien-persent, met Limpopo en Mpumalanga met die laagste syfers.