Voldoende opvoeding ontbreek onder die jeug

Die span wat aan diens was tydens Kosmos 94.1 se Copps-program het groot uitdagings gehad met ‘n geval waar ‘n minderjarige seun na bewering gepoog het om ‘n kleiner seuntjie te verkrag en nog ‘n ander verkrag het. Die insident het geskok omdat die betrokkenes so jonk is. Maar volgens die Namibiese kinderadvokaat Ingrid Husselmann, gaan dit oor onvoldoende opvoeding. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.