SA se biervereniging verlig, maar waarsku oor Kerstyd

Die Biervereniging van Suid-Afrika sê met die land tans op vlak-twee van die inperking, kan ondernemings wat reeds vier keer die verbod op alkohol oorleef het, ‘n mate van verligting verwag. Verkope van alkohol by kuierplekke is nou sewe dae per week tot tienuur saans toegelaat, en verkope by drankwinkels, van Maandag tot Vrydag tussen tienuur soggens en sesuur saans. Die vereniging sê met ‘n vierde Covid-19-vlaag wat in Desember verwag word, sal herstel in die sektor uitgewis word indien die regering ‘n verdere verbod oor die feestyd afdwing.