Beroepsopleiding moet aandklasse aanbied

Studente by beroepsopleiding-sentrums in Namibië versoek die Namibiese ministerie van hoër onderwys om aandklasse in verskillende ambagte vir die werkersklas te begin aanbied om hulself met kennis toe te rus vir die verbetering van hul lewens. Tans bied die meeste beroepsopleiding-sentrums net dagklasse aan en akkommodeer nie die werkersklas nie. Dr. Alfred van Kent, uitvoerende direkteur in die ministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus aandklasse word ondersteun en oorweeg.