Voëlgriep lê Amerikaanse-landbou lam

Voëlgriep het vanjaar 50,54 miljoen voëls in Amerika uitgewis, die dodelikste uitbreking in die land se geskiedenis. Die Amerikaanse Departement van Landbou sê die vrekte van hoenders, kalkoene en ander voëls verteenwoordig die land se ergste dieregesondheidsramp tot nog toe. Vanjaar se syfers is baie hoёr as die vorige rekord van 50,5 miljoen voëls wat in 2015 in ‘n uitbreking van voëlgriep gevrek het. Nadat ʼn voël positief getoets het, word troppe uitgeroei om die verspreiding van die siekte te beheer.