Groot aanslag word teen Bokke beloof

Die Engelse speler Jamie George is opgewonde oor die vooruitsig om Suid-Afrika se indrukwekkende pak die stryd aan te sê in sy span se laaste toets in vanjaar se Herfsreeks. Die haker van Saracens maak gereed om teen die Springbokke te staan kom die eerste keer sedert Engeland se nederlaag in die eindstryd van 2019 se Wêreldbekertoernooi. George sê hulle lek ook hulle wonde na verlede naweek se gelykop-stryd teen die All Blacks. Hulle sien daarom uit na ‘n sterk vertoning teen die Bokke. Afskop is vanaand om half-agt.