Reënboog-sypaadjie word vir LGBT-gemeenskap opgeknap

Equal Rights Namibia sal môre en Maandag die reënboogskildery op die sypaadjie voor The Brewers Market in Windhoek weer mooi optooi. Hierdie inisiatief is die tweede in Afrika en ‘n eerste vir Namibië wat die landmerk van die LGBT-gemeenskap in die land is. Die interseks-vlag sal ook bygevoeg word by die skildery. Dit het ten doel om inklusiwiteit en sigbaarheid van die LGBT-beweging van Namibië te bevorder, asook om te vier hoe ver gevorder is om momentum vir hul saak op te bou, sê Guillermo Delgado, ‘n lid van Equal Rights Namibia, aan Kosmos 94.1 Nuus.