VN veroordeel staatsgreep in Burkina

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy hou die ontwikkelinge in Burkina Faso met kommer dop en veroordeel enige poging om ‘n regering met militêre mag oor te neem. Die land se weermag het op nasionale televisie aangekondig hy het die mag oorgeneem en president Roch Kaboré uit die kussings gelig. Guterres sê die militêre leiers moet hulle wapens neerlê en die veiligheid van Kaboré en die land se instellings verseker. Intussen het die Afrika-unie en die streeksligaam, Ecowas, gesê hulle veroordeel die staatsgreep ten sterkste.